TSK

TSK · Numbers 3:15

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie.

Volgens die getal van almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo, was daar agt duisend ses honderd wat die diens van die heiligdom waargeneem het.

Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend.

En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van 'n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee en twintig duisend twee honderd drie en sewentig.

En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete.

En wat die geslagsregister van die priesters betref, dit was ingerig volgens families; maar dié van die Leviete, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle ampsverpligtinge in hulle afdelings.

Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek die HERE: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn, in 'n onbesaaide land.

Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.