TSK

TSK · Proverbs 1:8

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

As iemand 'n koppige en wederstrewige seun het, wat nie luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en hulle hom tugtig, maar hy na hulle nie luister nie,

As mens teen mens sondig, dan beslis die owerheid oor hom, maar as 'n mens teen die HERE sondig, wie sal dan vir hom as skeidsregter optree? Maar hulle het nie na hul vader geluister nie, want die HERE wou hulle ombring.

my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad;

My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;

My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,

My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;

'n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag--die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.

En hulle het 'n verlamde man wat op 'n bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.

en as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Loïs en in jou moeder Euníce, en wat--daarvan is ek oortuig--ook in jou is.