Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad.
TSK
TSK · 2 Chronicles 20:21
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
en saam met hulle Heman en Jedútun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is;
En toe al die kinders van Israel sien hoe die vuur en die heerlikheid van die HERE op die huis neerdaal, het hulle gekniel met die aangesig na die aarde toe, op die plaveisel, en aanbid en die HERE geprys dat Hy goed is, dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is.
En hy het die Leviete opgestel by die huis van die HERE met simbale, met harpe en siters volgens die gebod van Dawid en van Gad, die siener van die koning, en van die profeet Natan; want die HERE het dit so beveel deur die diens van sy profete.
Toe die bouers dan die fondament van die tempel van die HERE lê, het hulle die priesters in ampsgewaad met trompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale opgestel om die HERE te loof volgens die instelling van Dawid, die koning van Israel.
Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.
Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!
Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.