TSK

TSK · 1 Chronicles 1:4

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Noag was vyf honderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.

Daarna het die HERE aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag.

So was dan al die dae van Noag nege honderd en vyftig jaar, en hy het gesterwe.

Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie.

En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:

en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;