En die poortwagters was: Sallum en Akkub en Talmon en Ahíman en hulle broers; Sallum was die hoof,
TSK
TSK · 2 Chronicles 34:13
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
en ook Obed-Edom met hulle broers, agt en sestig, en Obed-Edom, die seun van Jedútun, en Hosa as poortwagters;
Van hulle moet vier en twintig duisend toesig hou oor die werk in die huis van die HERE en ses duisend opsigters en regters wees;
Wat die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Kore, van die seuns van Ébjasaf.
En kyk, ek gee as voedsel aan die houtkappers wat die bome kap, aan u dienaars, twintig duisend kor koring en twintig duisend kor gars en twintig duisend bat wyn en twintig duisend bat olie.
En dit was die hoofopsigters van koning Salomo, twee honderd en vyftig wat oor die mense bevel gevoer het.
En kyk, Amárja, die hoofpriester, is oor julle vir enige saak van die HERE, en Sebádja, die seun van Ismael, die bevelhebber van die huis van Juda, vir enige saak van die koning, en as opsigters staan die Leviete tot julle beskikking; julle moet sterk wees en dit doen. En mag die HERE met die goeies wees!
Maar Juda het gesê: Die krag van die lasdraers beswyk, en die puinhoop is groot, sodat ons nie aan die muur kan bou nie.
Toe kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk bymekaar in die paleis van die hoëpriester wat Kájafas genoem word,