TSK

TSK · Acts 17:25

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?

Job 12:10 TSK

In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.

Job 27:3 TSK

want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus--

Job 34:14 TSK

As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,

Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.

Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.

Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self gemaak het.

Amos 5:21 TSK

Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.

sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.

Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?