Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.
TSK
TSK · Exodus 24:10
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.
En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.
En Manóag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons God gesien het.
Laat dan nou, HERE, God van Israel, u woord tog bewaarheid word wat U tot u kneg Dawid gespreek het.
In die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op 'n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.
Daarna het ek gekyk--en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs, iets soos 'n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van 'n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.
Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.
Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.
En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was 'n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos 'n smarag.
En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.