TSK

TSK · Ezekiel 21:26

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.

En in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewe en twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging, Jójagin, die koning van Juda, uit die gevangenis verhef.

Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;

Sê aan die koning en aan die gebiedster: Gaan baie laag sit, want julle hoofsieraad, julle sierlike kroon, het geval.

Toe vang hulle die koning en bring hom op na die koning van Babel, na Ribla, in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek.

Die kroon van ons hoof het geval; wee ons, dat ons gesondig het.

En Ek het 'n ring aan jou neus gesit en oorringe aan jou ore en 'n pragtige kroon op jou hoof.

Luke 1:52 TSK

Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.