en Hetiete en Feresiete en Refaïete
TSK
TSK · Genesis 14:5
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Die Emiete het tevore daarin gewoon, 'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete.
Want Og, die koning van Basan, het net alleen oorgebly van die Refaïete. Is sy ledekant, 'n ysterledekant, nie daar in Rabba van die kinders van Ammon nie? Nege el is sy lengte en vier el sy breedte, gewone elle.
Julle moet vir hulle nie bang wees nie, want dit is die HERE julle God wat vir julle stry.
die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning was in Astarot en in Edréï (hy het oorgebly uit die laastes van die Refaïete; en Moses het hulle verslaan en verdrywe).
en die halwe Gílead en Astarot en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse--aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.
Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Refáim versprei.
En hulle het geil en goeie weiveld gevind, en die land was na alkante toe wyd en stil en rustig, want mense van Gam het daar tevore gewoon;
En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.
Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam.
wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee.
Oor Moab. So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Wee oor Nebo, want dit is verwoes; Kirjatáim staan beskaamd, dit is ingeneem; die rotsvesting is beskaamd en verskrik.