TSK

TSK · Genesis 46:19

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy gesê: Ek sal u sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter.

Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.

En Jakob het gewoon in die land van die vreemdelingskap van sy vader, in die land Kanaän.

En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle weet dat my vrou vir my twee gebaar het--

Josef is 'n jong vrugteboom, 'n jong vrugteboom by 'n fontein; sy takke klim oor die muur.

Van die seuns van Benjamin, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek--

Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van die HERE--hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange.