TSK

TSK · Jeremiah 49:1

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

en jy sal kom in die nabyheid van die kinders van Ammon; behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van die kinders van Ammon se land as besitting gee nie, omdat Ek dit aan die kinders van Lot as besitting gegee het.

Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen Israel, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon.

En Nahas, die Ammoniet, het opgetrek en Jabes in Gílead beleër; en al die manne van Jabes het aan Nahas gesê: Sluit met ons 'n verbond, dan sal ons u dien.

Toe stuur die HERE die bendes van die Chaldeërs teen hom en die bendes van die Arameërs en die bendes van die Moabiete en die bendes van die kinders van Ammon--Hy stuur hulle teen Juda om dit te verdelg volgens die woord van die HERE wat hy gespreek het deur die diens van sy knegte, die profete.

Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Seïr om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp.

Maar toe Sanbállat en Tobía en die Arabiere en die Ammoniete en die Asdodiete hoor dat die verbetering aan die mure van Jerusalem vorder, dat die skeure begin toeraak, het hulle baie kwaad geword.

U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.

laat Ek al die geslagte van die Noorde haal, spreek die HERE, en Nebukadrésar, die koning van Babel, my dienaar; en Ek sal hulle bring oor hierdie land en sy inwoners en oor al hierdie nasies rondom, en Ek sal hulle met die banvloek tref en hulle maak 'n voorwerp van verbasing en van bespotting en ewige puinhope.

en stuur dit na die koning van Edom en na die koning van Moab en na die koning van die kinders van Ammon en na die koning van Tirus en na die koning van Sidon deur middel van die gesante wat in Jerusalem gekom het na Sedekía, die koning van Juda;

Oor Edom. So sê die HERE van die leërskare: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Ontbreek raad by die verstandiges? Is hulle wysheid uitgeput?

Oor Kedar en oor die koninkryke van Hasor wat Nebukadrésar, die koning van Babel, verslaan het. So sê die HERE: Maak julle klaar, trek op teen Kedar, en verdelg die kinders van die Ooste.

En jy, mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here HERE aangaande die kinders van Ammon en hulle smaadrede; en jy moet sê: 'n Swaard, 'n swaard is getrek om te slag; dit is geskuur tot die uiterste toe om soos 'n weerligstraal te wees--

Mensekind, rig jou aangesig teen die kinders van Ammon, en profeteer teen hulle.

Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou het teen sy grondgebied.