TSK

TSK · Leviticus 26:8

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!

Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.

Een man uit julle het duisend agtervolg; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.

En hy het 'n vars eselskakebeen gevind en sy hand uitgesteek en dit geneem en daar duisend man mee verslaan.

En Jónatan het op sy hande en voete uitgeklim, en sy wapendraer agter hom aan; en hulle het voor Jónatan geval terwyl sy wapendraer agter hom aan van kant maak.

En dít is die getal van die helde van Dawid: Jasóbeam, die seun van Hagmóni, die hoof van die dertig; hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat op een keer gesneuwel het.

Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!