TSK

TSK · Luke 19:29

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.

En Hy het hulle verlaat en uit die stad uitgegaan na Betánië en daar vernag.

En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met 'n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het,

En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg.

Die volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,