TSK

TSK · Luke 4:22

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.

Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

Goue appels op versierde silwerborde, so is 'n woord op sy tyd gespreek.

Sy verhemelte is pure soetigheid, ja, hy is geheel en al die lieflikheid self. Dit is my beminde en dit is my vriend, dogters van Jerusalem.

En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?

Luke 2:47 TSK

En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.

John 6:42 TSK

En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?

Acts 6:10 TSK

Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.