TSK

TSK · Mark 13:36

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?

Op my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer.

En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.

En toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar; en hulle het nie geweet wat om Hom te antwoord nie.

Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.

Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.