TSK

TSK · Matthew 9:22

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.

Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.

En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

Luke 8:48 TSK

En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.

En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.

Acts 14:9 TSK

Hy het geluister terwyl Paulus spreek; en Paulus het die oë op hom gehou, en, toe hy sien dat hy geloof het om gesond te word,

Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.