TSK

TSK · Numbers 26:11

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Eleásar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van Pútiël as vrou geneem; en sy het vir hom Pínehas gebaar. Dit is die familie-hoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.

So het hulle dan met alles wat hulle s'n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.

En Sallum, die seun van Kore, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag, en sy broers uit sy familie, die Koragiete, was oor die dienswerk, as drumpelwagters van die tent, omdat hulle vaders by die laer van die HERE die ingang bewaak het.

Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing.

Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied.

'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag.

'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.