TSK

TSK · Numbers 26:62

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie.

Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend.

hulle geteldes was agt duisend vyf honderd en tagtig.

Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en húlle moet hul ongeregtigheid dra--'n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.

Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julle weiveld rondom die stede aan die Leviete gee.

Maar die Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.

Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie: die vuuroffers van die HERE, die God van Israel, dit is sy erfdeel, soos Hy hom beloof het.

Want Moses het die erfdeel van die twee en 'n halwe stam oos van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel onder hulle gegee nie.