TSK

TSK · Numbers 3:6

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír die HERE is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel.

maar stel jy die Leviete aan oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en húlle moet dit bedien en rondom die tabernakel laer opslaan.

Maar die Leviete is onder die kinders van Israel nie getel nie, soos die HERE Moses beveel het.

Want hulle is heeltemal aan My gegee onder die kinders van Israel uit, in die plek van alles wat die moederskoot open--al die eersgeborenes uit die kinders van Israel--het Ek hulle vir My geneem.

Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie,

En die HERE het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot julle priesteramp dra.

Want Ek self het julle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneem as 'n geskenk vir julle, mense wat aan die HERE gegee is om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.

In dié tyd het die HERE die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die HERE te dra, om voor die aangesig van die HERE in sy diens te staan en in sy Naam te seën tot vandag toe.

En dit is hulle wat in diens gestaan het saam met hulle seuns: van die seuns van die Kehatiete: Heman, die sanger, die seun van Joël, die seun van Samuel,

Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;

Ezra 6:18 TSK

En hulle het die priesters aangestel volgens hulle afdelings en die Leviete volgens hulle afdelings vir die diens van God in Jerusalem, volgens die voorskrif van die boek van Moses.