TSK

TSK · Zechariah 2:1

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en 'n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.

En Hy het my daarheen gebring; en kyk, daar was 'n man wat in sy voorkoms soos koper gelyk het; en in sy hand was 'n linnetou en 'n meetroede; en hy het by die poort gestaan.

Toe het hy nog duisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan--waters tot aan die knieë; en hy het nog duisend gemeet en my laat deurgaan--waters tot aan die heupe.

Daarom, so sê die HERE: Ek wend My met ontferming tot Jerusalem; my huis sal daarin gebou word, spreek die HERE van die leërskare, en 'n meetsnoer oor Jerusalem gespan word.

En 'n riet soos 'n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.