TSK

TSK · Zechariah 2:6

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!

Ruth 4:1 TSK

En Boas het opgegaan na die poort en daar gaan sit. En toe die losser juis daar verbygaan van wie Boas gespreek het, sê hy: Vriend, kom nader, en sit hier! En hy het nader gekom en gaan sit.

Vertrek, vertrek, gaan weg daarvandaan, raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit hulle midde uit, reinig julle, draers van die heilige voorwerpe van die HERE!

Toe sê die HERE vir my: Van die noorde af sal die onheil losbreek oor al die inwoners van die land.

En Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde vanweë Manasse, die seun van Hiskía, die koning van Juda, oor wat hy in Jerusalem gedoen het.

Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde.

Vlug uit Babel, en gaan uit die land van die Chaldeërs, en wees soos bokke voor die trop kleinvee uit!

Gaan uit hom uit, my volk, en red elkeen sy lewe van die toorngloed van die HERE!

'n Derde deel van jou sal aan die pes sterwe en deur hongersnood in jou omkom; en 'n derde deel sal deur die swaard rondom jou val; en 'n derde deel sal Ek na al die windstreke verstrooi, en Ek sal 'n swaard agter hulle uittrek.

En almal wat rondom hom is, sy hulp, en al sy leërs sal Ek na al die windstreke verstrooi en die swaard agter hulle uittrek.

Amos 9:9 TSK

Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in 'n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie.

Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!

En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.