TSK

TSK · Lamentations 3:56

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En sy gebed en hoe hy verhoor is en al sy sonde en sy ontrou en die plekke waar hy hoogtes gebou en die heilige boomstamme en gesnede beelde opgerig het voor sy verootmoediging, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Hósai.

Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.

Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.

Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor.

Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. n Onderwysing van Dawid.

Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.

Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?

Gaan sê vir Hiskía: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien; kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg,

En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.