want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.
TSK
TSK · Mark 10:34
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
Maar Hy antwoord en sê vir hulle: 'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.
Toe het hulle in sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan,
Toe skeur die hoëpriester sy klere en sê: Wat het ons nog getuies nodig!
en trek Hom 'n purperkleed aan en vleg 'n kroon van dorings en sit dit vir Hom op;
En die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom bespot en geslaan.
En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.
en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.
en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;