Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,
TSK
TSK · Mark 7:21
مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.
Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine--nie een nie!
Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?
Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.
God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
Hulle voete hardloop om kwaad te doen en is haastig om onskuldige bloed te vergiet; hulle gedagtes is onheilsgedagtes, verwoesting en verbreking is in hulle paaie.
Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
En toe Jesus merk wat hulle gedagtes was, sê Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.
As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.
Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op 'n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.
het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?
om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.