TSK

TSK · Proverbs 19:2

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع
Job 31:5 TSK

As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:

Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.

Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.

'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.

Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom.

En behalwe dat die Prediker 'n wyse was, het hy die volk nog kennis geleer en het oorweeg en ondersoek; hy het baie spreuke opgestel.

daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion 'n grondsteen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.

John 16:3 TSK

En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.

En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring,