TSK

TSK · Proverbs 22:29

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en die hele Egipteland deurgetrek.

Toe hulle die woorde hoor wat Dawid spreek en dit voor Saul meedeel, het dié hom laat haal.

Gelukkig is u manne, gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan, wat u wysheid hoor.

Hulle was die pottebakkers en die inwoners van Netáim en Gedéra; daar het hulle gebly by die koning in sy diens.

Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.

jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en die taal van die Chaldeërs te leer.

En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.

wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;