TSK

TSK · Proverbs 9:3

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine,

en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,

en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.

Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg,

En daardie dienskneg het gekom en dié dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.

Jesus antwoord hom: Ek het ronduit tot die wêreld gespreek; Ek het altyd in die sinagoge geleer en in die tempel waar die Jode van alle kante vergader; en in die geheim het Ek niks gespreek nie.

Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.