En sy suster het op 'n afstand gaan staan om te wete te kom wat met hom sou gebeur.
TSK
TSK · 1 Chronicles 6:3
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri.
En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.
Dan moet jy jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar, die seuns van Aäron.
En Moses het met Aäron gespreek en met sy seuns Eleásar en Itamar wat oorgebly het: Neem die spysoffer wat van die vuuroffers van die HERE oorgebly het, en eet dit as ongesuurde koeke langs die altaar; want dit is hoogheilig.
van die seuns van Ussiël: Amminádab, die owerste, en sy broers, honderd en twaalf.
Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.
Van die Jishariete: Selómot; van die seuns van Selómot: Jahat.