So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee, en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort--mag die HERE sy God met hom wees, en laat hom optrek!
TSK
TSK · Daniel 5:28
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
'n Harde gesig is my te kenne gegee: Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes. Trek op, Elam! Beleër, Médië! Aan alle gesug maak Ek 'n einde.
Daarom oorval 'n onheil jou wat jy nie sal weet om te besweer nie; en 'n onheil val op jou wat jy nie kan versoen nie, en skielik oorval jou 'n verwoesting sonder dat jy dit weet.
Heilig nasies teen hom, die konings van Médië, die goewerneurs en al die owerstes daarvan, ja, die hele land van sy heerskappy.
En ná u sal daar 'n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna 'n ander, 'n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers;
Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het.
Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse.