TSK

TSK · Isaiah 38:12

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
Job 4:20 TSK

Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.

Job 7:3 TSK

so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.

Job 9:25 TSK

Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.

Job 17:1 TSK

My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my.

Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.

Weggespoel het U hulle; hulle word 'n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:

as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien.

En die dogter van Sion het oorgebly soos 'n skermpie in 'n wingerd, soos 'n slaapplekkie in 'n komkommertuin, soos 'n beleërde stad.

Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.

En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek,