TSK

TSK · Job 9:20

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
Job 4:17 TSK

Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?

Job 9:28 TSK

dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.

Job 10:15 TSK

Was ek skuldig--wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.

Job 15:5 TSK

Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.

Job 32:1 TSK

Toe het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.

Job 34:35 TSK

Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.

As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?

By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.

Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is 'n man onrein van lippe en woon onder 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!

Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?

Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.

James 3:2 TSK

Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.