TSK

TSK · 1 Chronicles 6:39

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Verder het hulle, uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van Símeon, hierdie stede gegee wat hulle met hul name genoem het:

Op dieselfde dag, toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om "loof die HERE" te sing.

Wat die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Kore, van die seuns van Ébjasaf.

Toe kom die Gees van die HERE in die midde van die vergadering op Jahásiël, die seun van Sagaría, die seun van Benája, die seun van Jeï-el, die seun van Mattánja, die Leviet uit die kinders van Asaf;

Daarop gee koning Jehiskía en die owerstes aan die Leviete bevel om die HERE te prys met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener; en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en aanbid.

Ezra 2:41 TSK

Die sangers: die kinders van Asaf, honderd agt en twintig.

Die sangers: die kinders van Asaf, honderd agt en veertig.

En opsigter van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasábja, die seun van Mattánja, die seun van Miga, van die seuns van Asaf, die sangers, vir die werk in die huis van God;

Want in die dae van Dawid en Asaf, van die voortyd af, lê die oorsprong van die sangers en leiers van die lofsang en die danksegging aan God.

'n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedútun." 'n Psalm van Asaf.

'n Psalm van Asaf. o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak.

Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Asaf.